Vlieënde verskynsel in Pretoria?

2010-07-26 12:28
Tweets Share Share line Print

Beeld

Pretoria – ‘n Ongeïdentifiseerde vlieënde voorwerp, wat glo uit drie helder ligte bestaan, het inwoners van Booysens in Pretoria vir twee agtereenvolgende aande stomgeslaan.

Engela van der Spuy (67), wat in Attiestraat in Booysens woon, het Beeld gekontak nadat sy Donderdagaand, vir die tweede keer, die vreemde stel ligte gesien het.

“Ek sê nie dit is klein groen mannetjies nie,” het Van der Spuy gesê.

“Ons wil regtig net weet wat dit is.”

Van der Spuy het die vlieënde voorwerp Woensdagaand, kort na sonsondergang vir die eerste keer gesien.

“Ek kon nie die vorm van die voorwerp uitmaak nie, omdat die drie ligte te helder geskyn het. Maar dit het gelyk of dit ‘n hart-vorm gehad het. Daar was twee ligte aan die bokant, ‘n blou lig aan die linkerkant en ‘n smaraggroen-lig langsaan. Aan die regterkant was ‘n helder wit lig,” het sy gesê.

Volgens haar het die vlieënde voorwerp vir ongeveer twee ure in die lug gehang sonder om te beweeg. Teen 20:30 het dit stadig na onder beweeg en agter die horison verdwyn.

Donderdagaand het die vlieënde voorwerp kort na sonsondergang omstreeks 20:30 wéér sy verskyning gemaak. Dit het weer afwaarts beweeg voordat dit verdwyn het.

“Ek het al die buurmense geroep en ons het saam na die voorwerp gekyk. Niemand kon egter sien wat dit is nie. Al wat ons weet is dat dit beslis nie ‘n ster of normale vliegtuig was nie.”

Henrico Swart (19), Van der Spuy se buurman, het deur sy verkyker na die vlieënde voorwerp gekyk en was stomgeslaan.

“Dit moet ‘n vreemde vorm hê, want alhoewel ek deur deur die verkyker gekyk het, kon ek steeds nie die vorm uitmaak nie,” het Swart gesê.

“Al wat ek kon sien was die drie helder ligte.”

Die polisiestasie in Hercules, Johannesburg Planetarium en die Suid-Afrikaanse Lugmag het nie kennis gedra van die insident nie en kon nie die verskynsel verduidelik nie.
 

- Beeld

Lees meer oor: sci-tech  |  kan jy glo

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.