Vlakte kry eerste buffelkalfie in 200j.

2011-10-05 10:39
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch – Die eerste buffelkalfie in 200 jaar is op die Agulhas-vlakte, ’n laagliggende gebied naby Afrika se suidelikste punt, gebore.

Die kalf – wat nog amptelik sy Khoisan-naam moet kry – is lid van ’n trop buffels wat in die Nuwejaars-vleiland Spesiale Bestuursgebied (SBG) hervestig is.

Dié gebied is deel van die Agulhas-vlakte en beslaan 46 000 ha.

Die buffeltjie is op 2 September gebore.

Die Agulhas-vlakte, ’n gebied van 270 000 ha, strek van Stanford tot aan die Breërivier en Afrika se suidelikste punt.
Dirk Human, voorsitter van die SBG, het gesê die laaste buffels is in die laat 1700’s in die streek gesien.

Die kalfie se geboorte is die eerste stap om die gebied se natuurlewe te hervestig.

“Ons het ook seekoeie, wat 150 jaar laas hier gesien is.

“Ons bring stadig die natuurlike stelsel terug, soos dit in die vorige eeue hier op die vlakte bestaan het,” het Human gesê.

Die SBG sluit in 25 grondeienaars in die Overberg-distrik wat hul grond gesamentlik vir bewaring bestuur.

Tydens die onlangse Agri Mega-week op Bredasdorp het lede van die SBG ’n memorandum van samewerking met die Wes-Kaapse minister van landbou en landelike ontwikkeling, Gerrit van Rensburg, onderteken.

Dit verseker noue samewerking tussen die organisasie en die departement om volgehoue biodiverse bewaring en landelike ontwikkeling te bevorder.

Human het gesê buiten 15 buffels is ander wild, soos kwaggas en rooihartebeeste, ook al in hul natuurlike habitat vrygelaat.

Dit vorm alles deel van ’n intensiewe teelprogram met die doel om die diere later in hul natuurlike habitat te hervestig.

Verskeie kameras is ook in die gebied opgestel om beter insig in die wild en voëls se gedragspatrone te kry.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: diere  |  buffels

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.