Vitamien-aanvullings kan help met swangerskap
2011-12-02 14:10
Londen – Vroue wat vitamienaanvullings saam met hul vrugbaarheidsbehandeling inneem het ‘n groter kans om swanger te raak, het navorsers bevind.
Navorsers onder leiding van Rina Agrawal van die Warwick-universiteit in Brittanje het die studie onderneem en bevind 60% van vroue wat die aanvulling Pregnacare Conception ingeneem het, het swanger geword teenoor 25% van vroue wat foliensuur ingeneem het.
Die helfte van die vroue wat die vitamienaanvulling ingeneem het, het met hul eerste probeerslag swanger geword.
“Ek kan nie help om te dink dat meeste mense dieselfde effek van ‘n gesonde mandjie vol vars vrugte en groente kan ervaar nie,” het Allan Pacey, ‘n professor van andrologie van die Universiteit van Sheffield, gesê.
Die navorsing is in die joernaal Reproductive BioMedicine gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.