Vitamien C ‘help nie teen griep, verkoue’

2010-04-29 11:03
Tweets Share Share line Print

Elsabé Brits

Kaapstad - Vitamien C help nie om verkoue en griep te voorkom of te behandel nie.

In ’n omvattende studie deur ’n Cochrane-studiegroep onder 11 000 mense wat daagliks minstens 200 mg vitamien C geneem het, is bevind dit het geen of bitter min invloed op die lengte of erns van hul siekte gehad.

Die studie is gelei deur die Au­straliese Nasionale Universiteit en die Helsinki-universiteit.

Net mense wat aan hoë fisieke stres blootgestel word, soos marathon-atlete, skiërs en soldate in sub-Arktiese toestande, kry voordeel uit die neem van vitamien C vir verkoue. Dié groep het die helfte minder kans gehad om verkoue te kry indien hulle vitamien C geneem het, maar dit bied geen weerstand teen griep nie.

Prof. Harri Hemilä, medeleier van dié internasionale studie, het gesê die voordeel wat dié gewilde kuur vir gewone mense inhou, is so min dat dit nie sin maak om die uitgawes aan te gaan nie.

In 1970 het die Nobelpryswenner Linus Pauling aanbeveel dat mense tot 1 000 mg vitamien C per dag moet neem. Die aanbeveling is tans net 60 mg per dag. ’n Gewone glas vars lemoensap bevat 97 mg.

Hoewel navorsing Pauling verkeerd bewys het, het hy by sy standpunt gebly.

Medici het gesê een van die beste maniere om griep en verkoue te voorkom, is om gereeld jou hande te was en nie aan jy mond, neus en oë te vat nie.

Baie mense oorbeklemtoon die geloof in vitamien C (dat hoë dosisse selfs kanker kan genees) en ander anti-oksidante.

Prof. Peter Sawicki, direkteur van die Instituut vir Gehalte en Doeltreffendheid in Gesondheidsorg in Duitsland, het egter in ’n verklaring gesê: “Daar is nie bewyse dat sommige anti-oksidante ’n mens se lewe kan verleng nie, maar daar is wel bewyse dat sekere produkte selfs tot ’n vroeër dood kan lei.

- Die Burger

“Dit kan moeilik wees om te aanvaar dat sommige van die gelowe mites is, maar hulle is nie waar as navorsing dit nie bewys nie.”

Die oorgebruik van enige anti-oksidant (meer as die aanbevole daaglikse dosis) is die afgelope paar jaar in studies met kanker verbind.

Lees meer oor: studies

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.