Vinnigste straler verdwyn spoorloos
2011-08-12 11:09
Kaapstad – Die vervaardigers van die Hypersonic Technology Falcon HTV-2, die wêreld se vinnigste straler, het op dié vliegtuig se eerste vlug daarmee kontak verloor.
“Ons afstandmeter het kontak met HTV-2 verloor,” het DARPA getweet. “Meer inligting volg.”
“Ons kan bevestig HTV-2 het suksesvol van die Minotaur IV afgeskei,” het die maatskappy net sowat ‘n uur vroeër gesê.
“Die HTV-2 se vlug verloop volgens plan. Gaan nou oor na sy sweeffase.”
Net toe die Falcon in die ruimte geskei het van die vuurpyl wat hom tot daar gedra het, het sy vervaardigers egter met hom kontak verloor.
Die Falcon was veronderstel om na die Aarde terug te vlieg teen sowat 21 000 km/h, wat hom die vinnigste vliegtuig ooit sou maak.
Die Amerikaanse lugmag het die onbemande Falcon ontwikkel om hulle in staat te stel om enige deel van die wêreld binne ‘n uur te bereik.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24