Vigs-medisyne maak vinnig oud, kranksinnig
2011-06-27 09:48
Johannesburg – 'n Soort generiese Vigs-medisyne wat gereeld in Afrika gebruik word om MIV te behandel kan voortydige veroudering veroorsaak en lei tot hartsiektes en kranksinnigheid.
In 'n studie gepubliseer in Nature Genetics het Britse wetenskaplikes bevind dat die middel, bekend as NRTIs, die DNS in pasiënte se mitochondria beskadig.
Wetenskaplikes het gesê dit is onwaarskynlik dat nuwer middels dieselfde skade aanrig, maar verdere navorsing is nodig om seker te wees.
'n Geskatte 33 miljoen mense wêreldwyd is MIV-positief, met sowat 22 miljoen van hulle in Afrika.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG