Vigs al hoe meer onder ouer mense

2011-11-30 09:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die skerp styging in die voorkoms van MIV onder mense bo 35 beteken dalk die regering moet met sy bewusmakingsprogramme begin fokus op getroude paartjies.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het gister by die uitreiking van die 2010-MIV/vigsverslag in Pretoria gesê hy is bekommerd oor die toename in dié groep, terwyl die voorkoms bestendig gebly het in jonger groepe.

Die peiling is in Oktober verlede jaar gedoen by 1 424 van die staat se sowat 4 200 voorgeboorteklinieke. 30,2% van die vroue was MIV-positief, teenoor 29,4% die vorige jaar.

Volgens die navorsers kan die effense styging toegeskryf word aan die toename onder ouer vroue, eerder as jonges.

Verlede jaar was 38,4% van swanger vroue tussen 35 en 39 MIV-positief teenoor 35,4% die vorige jaar.

Die voorkoms onder vroue tussen 40 en 49 is op van sowat ’n kwart tot net minder as ’n derde.

Volgens Motsoaledi kan dit wees dat antiretrovirale medisyne (ARM) meer ouer mense langer laat lewe, maar die toename kan ook te doen hê daarmee dat vroue nie kan onderhandel vir kondoomgebruik binne vaste verhoudings nie. Dit word deur sommige mans as ’n teken van losbandigheid of wantroue beskou as ’n vrou daarop aandring.

“Dit gaan eintlik nie oor die vroue nie, maar oor die mans. MIV is ’n siekte wat deur mans versprei word en wat vroue laat ly,” het Motsoaledi gesê.

Hy glo die kwessie moet getakel word deur mans te teiken, byvoorbeeld wanneer hulle deelneem aan besnydenisprogramme.

Die verslag het voorts getoon sowat 3% van die 166 wit vroue wat by die klinieke aangemeld het, was MIV-positief, asook 7% van 2 930 bruin vroue, 7% van 144 Asiërs en 32,5% van meer as 28 533 swart vroue.

Meer as ’n derde van mense wat nooit skoolgegaan het nie, was met die virus besmet. Die voorkoms van MIV onder geskeides (39%) en mense wat ’n maat aan die dood afgestaan het (41,7%), was hoër as by enkellopendes (31,2%) en getroudes (25%).

Net gemiddeld 65% van MIV-positiewes het geweet hulle dra die virus.

Volgens Motsoaledi was die effense toename nie statisties beduidend nie, maar is die regering steeds erg bekommerd oor dele van KwaZulu-Natal waar 40% van vroue die virus dra.

Die regering raam 17% tot 17,9% van Suid-Afrikaners tussen 15 en 49 is nou MIV-positief.

Syfers


    – Meer as 4 miljoen Suid-Afrikaners bo 15 en 438 000 onder 15 is na raming MIV-positief
    – Daar word geraam sowat 173 000 volwassenes is in 2010 aan vigs dood
    – Net in 2010 het daar na raming 281 000 volwassenes en 54 000 kinders onder 14 met MIV besmet geraak.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.