Video: 'n Robot wat jou drukkies gee
2011-06-23 16:07
Kaapstad – Japanse uitvinders het 'n metgesel vir eensame enkellopendes ontwerp.
Dit is 'n borskas-vorm, bedrade toestel wat drukkies kan ontvang en uitdeel.
"Sense-Roid" lyk soos 'n kleremakers-pop met 'n silikoonvel en is vol druk-sensors.
Dit is verbind met 'n baadjie wat die menslike gebruiker dra en só word die omhelsing met behulp van lugkompressors gevoel.
Die navorsers van die Elektrokommunikasie-universiteit in Tokio het gesê hulle het gewonder hoe mense sal voel as hulle hulself 'n drukkie kon gee.
Die toestel kan vir mediese terapie gebruik word, of aan eensame bejaardes gegee word.
Die "Sense-Roid" word by 'n ekspo in Tokio bekendgestel.
Kyk hier na 'n video van die 'Sense-Roid".
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Die Burger