Video: iPad as strooimeisie
2011-08-26 14:30
Kaapstad – Terwyl Jonathan Alberico en Jamie Wilborn twee weke gelede in Denver, Colorado die huwelik betree het, het die bruid se strooimeisie agter ‘n glasskerm saamgekuier.
Jamie se strooimeisie Rene kon nie die troue bywoon nie, maar het met behulp van die iPad se video-oproepdiens FaceTime die gelukkige dag se klanke en kleure ingeneem.
“Ek was baie opgewonde,” het Rene gesê. “Ek het skoon huilerig geraak."
Haar metgesel het die iPad by die seremonie rondgedra om Rene te laat voel sy deel die gelukkige oomblik met die troupaartjie.
“Foto’s sou my nie so tot trane kon dryf nie,” het sy gesê.
Jamie het selfs met die iPad in die hand poseer sodat Rene op die troufoto’s kon pronk.
“Dankie tegnologie,” het Jamie gesê met Rene in onder die arm.
Kyk hier na 'n video van die troue.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24