Video: Só vry Japanners oor die internet
2011-05-06 16:02
New York - Dié wat hartverskeurend na vergeleë liefies se oë oor Skype of Facebook-foto's sit en staar: Daar is tog hoop vir ‘n steelsoentjie.
Japanse wetenskaplikes van die Electro-Communications-universiteit het ‘n toestel ontwerp wat paartjies in staat stel om mekaar ‘n kus op die mond oor die Internet te gee – boonop die Franse soort.
Die gebruiker “soen” deur sy tong te wikkel oor ‘n strooitjie wat aan die toestel vasgeheg is. Die toestel, wat soos die polisie se alkoholtoetsers lyk, wikkel dan ‘n soortgelyke plastiekstrooitjie aan die ander kant op die liefie se tong.
Wetenskaplikes by die Kajimoto-laboratorium in Tokio sê dit is so naby aan ‘n persoon-tot-persoon ervaring as wat mens oor die Internet kan kom.
Lees die volledige storie hier.
Kyk hier hoe 'n wetenskaplike “soen”.
Volg Nuus24 op Twitter.