Video: So lyk jou nuwe Rugby24 iPad-program
2011-09-08 09:25
Kaapstad – Net toe Wêreldbeker-koors begin opbou, het Media24 die regte medisyne in tabletvorm bekend gestel.
Rugby24, ’n splinternuwe iPad-program wat jou daagliks als oor die Wêreldbeker-toernooi in Nieu-Seeland sal vertel, is Vrydag op Apple se iStore gelaai. Binne slegs drie dae is dit een van die gewildste gratis programme in Suid-Afrika op dié kuberwinkel se rakke.
Elke dag word vars inhoud opgelaai van J.J. Harmse, Stephen Nell en Louis de Villiers, Media24 se verslaggewers in Kiwi-land.
Die iPad-formaat bied die geleentheid om video’s, soos dié van die Bokke se eerste nuuskonferensie die naweek, aan lesers te bied, asook uitgebreide foto-galerye, waarvoor daar nie altyd in die koerant plek is nie.
Wedstrydroosters, profiele van ander Wêreldbeker-spanne en ons eie Springbokspelers, die toernooi se geskiedenis en meer is in interessante, vinger-vriendelike iPad-infografika saamgevat.
Al die feesvieringe vooraf, asook voorbereidings én voorspellings vir elke kragmeting word ook daagliks bygewerk.
Rugby24 is ook gratis vir iPhone-gebruikers op die Apple iStore beskikbaar.
Kyk hier na 'n demonstrasie van die program.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Die Burger