Video: Pantsering stop missiel in sy spore
2011-06-24 22:06
New York – ‘n Amerikaanse maatskappy het met pantsering vir dié land se weermag vorendag gekom wat lyk na die deursigtige soort in wetenskapfiksie-films.
Artis se stelsel is ‘n “aktiewe beskermingstegnologie”; dit stop inkomende missiele en geweerskote voor dit weermagvoertuie kan tref.
Die brein agter die stelsel is ‘n uiters slim rekenaar wat verskeie berekeninge in fraksies van sekondes verrig om die beweging en presiese posisie van ‘n missiel uit te pluis en ‘n blitsige teenaanval te loods.
Splitsekondes voor die missiel tref vuur die stelsel sy eie skoot af wat die vyand se missiel deaktiveer met ‘n dramatiese ontploffing.
“Aktiewe beskermingstegnologie is 'n bewys van hoe vinnig rekenaars deesdae is, veral as hulle nie met ‘n veeleisende bedryfstelsel belas word nie,” het die hoof van Artis, Keith Brendley, gesê.
– Lees meer hier.
Kyk hier na 'n video van die pantsering van die toekoms.
– Volg Nuus24 op Twitter.