Video: Hond leer loop danksy akupunktuur

2011-11-10 09:07
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Die basterhond Warrior, wat lewend begrawe is, leer weer loop – met die hulp van akupunktuur.

Die storie van die uitgeteerde brakkie het diereliefhebbers aangegryp nadat daar berig is hoe sy op 20 Oktober lewend deur twee skoonmakers van ’n skool in Khayelitsha begrawe is, maar oorleef het.

Die Burger het berig hoe die Mdzananda-kliniek in Khayelit­sha gekontak is nadat twee mans by die Sekondêre Skool Luhlaza gewaar is waar hulle besig was om Warrior in ’n vlak graf toe te spit.

Sy is net betyds gered en na die dierekliniek geneem.

’n Ondersoek na dié voorval deur die Wes-Kaapse departement van onderwys het daartoe gelei dat  Manono Makaphela (skoolhoof) en Mkhumbuzi Mcedana (skoonmaker) vandag van wangedrag aangekla sal word.

Die skool se beheerliggaam is ook versoek om die tweede skoonmaker wat by die voorval betrokke was, aan te kla. Makaphela en Mcedana sal op 18 November ’n voorverhoor moet bywoon.

Warrior se rug is in die voorval op twee plekke erg beseer en haar agterlyf is gedeeltelik verlam.

Onder die wakende oog van ’n veearts, dr. Barry Hindmarch, en sy akupunktuur-naalde het Warrior gister haar derde behandeling ontvang. “Ons sien klaar ’n verbetering in haar ruggraat-reflekse en regtervoet,” aldus Hindmarch.

Hy gebruik al twintig jaar lank akupunktuur-naalde en alternatiewe medisyne om honde soos Warrior te genees.

“Ons gebruik akupunktuur om die senuweepulse te stimuleer en so spiermassa te verbeter.”

Die arts het bygevoeg dis onmoontlik om te sê of Warrior ooit volkome sal genees. “Maar een ding is seker, sy is ’n ongelooflike vegter.”

Intussen stap die personeel van die Mdzananda-kliniek elke dag met haar in ’n spesiale harnas sodat sy oefening kan kry.

Kyk hier na 'n video van Warrior wat aansterk.



– Volg Nuus24 op Twitter.



 

- Die Burger

Lees meer oor: honde  |  dierebeskerming  |  diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.