Video: Google-krabbel 'n huldeblyk aan Freddy Mercury
2011-09-05 20:05
Kaapstad – Die mees onlangse Google-krabbel is ‘n
huldeblyk aan pop-ikoon Freddy Mercury, wat op 5 September 1946 gebore is.
Freddy Mercury is ná ‘n lang stryd teen
MIV/Vigs in 1991 oorlede en sou vandag 65 jaar oud gewees het.
Een van sy mees bekende treffers, “Don’t Stop
Me Now” speel saam met ‘n kort, vermaaklike animasie as 'n mens op die
Google-kenteken kliek.
Kyk hier na die Google-krabbel ter ere van Freddy
Mercury:
Volg Nuus24 op Twitter.
- Nuus24