Video: Bok duik fietsryer van sy wiele af

2011-10-13 08:37
Tweets Share Share line Print

Pietermaritzburg – Evan van der Spuy se “botsing” met ’n hartebees het oornag een van die gewildste soek-onderwerpe op YouTube geword. Daar is teen gister reeds meer as 5 miljoen keer na beeldmateriaal daarvan op YouTube gekyk.

Evan (17) sê hy is steeds oorweldig oor die aandag wat hy skielik kry. Hy het Sondag aan ’n bergfietsren hier deelgeneem toe die bok hom van sy fiets af gespring het.

“Dit vat nog tyd om in te sink en ek probeer om dit te verwerk. Ons telefone lui onophoudelik vir onderhoude,” het hy gesê.

Die jong bergfietsryer sê hy sukkel nog met ’n stywe nek. “Dit het my geensins afgeskrik nie.”

Evan en die bok is ongedeerd.

Intussen het Trish Wilson van Howick, wat ook aan die bergren by die Albert Falls Dam-wildpark deelgeneem het, gekla oor die uitbeelding van die weerlose bok. Sy het gesê dit het gelyk of die diere verontrus was, omdat “die park vol mense was”.

Die organiseerder van die wedren, Max Cluer, het gesê die voorval was ’n fratsongeluk en die eerste in sy soort. Dit was bloot ’n kwessie van op die verkeerde tyd op die verkeerde plek te wees.

“Dit was man teen die natuur in die natuur.”

Cluer het gesê 99,9% van die reaksie op YouTube is positief.

Die TV-kanaal National Geographic stel ook in die beeldmateriaal belang vir Caught in die act, ’n nuwe TV-reeks wat fokus op bisarre beeldmateriaal oor wild.

“Hulle is stomgeslaan daardeur en sê hulle het nog nooit so iets gesien nie. Hulle wil dit ook vir navorsing gebruik,” het Cluer gesê. 

Kyk hier na die video.



– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.