Vet mense het nie altyd swak harte
2011-09-14 10:03
Athene – Om ‘n ekstra ken onder die gesig of 'n ekstra vetrolletjie onder die hemp rond te dra beteken nie noodwendig jou hart is ongesond nie, het navorsers gesê.
Griekse navorsers het bevind minder as 10% gesonde oorgewig mense in hul 50’s en 60’s sonder hoë risiko’s vir hartkwale het oor ses jaar aan hartversaking gely.
Van die groep se maer eweknieë, wat ook nie aan die sogenaamde hoë risiko metaboliese sindroom gely het nie, het 16% egter aan hartversaking gely.
Die nuwe studie, gepubliseer in die Journal of the American College of Cardiology, voeg by tot verskeie navorsingstukke wat voorstel oorgewig mense is nie noodwendig ongesond nie.
“Om ‘n gesonde figuur te hê beteken nie noodwendig ons is gesond nie,” het die navorser Christina Voulgari van die Universiteit van Athene se mediese fakulteit gesê,
Dit gee oorgewig mense egter nie vrye teuels om tjips en mayonnaise af te wurg nie, het navorsers gewaarsku.
“Met tyd raak hulle waarskynlik ongesond,” het Eileen Hsich van die Cleveland-kliniek oor die navorsing gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters