Vet en fiks beter as maer wees
2011-08-16 17:57
Toronto – Oorgewig mense wat gesond leef en fiks bly, lewe net so lank soos maer mense en is ook minder geneig om weens hartprobleme te sterf, het ‘n studie bevind.
Die navorsers het 6 000 oorgewig Amerikaners oor ‘n tydperk van 16 jaar ondersoek en hul gesondheid met dié van maerder mense vergelyk.
Hul bevindinge is in die joernaal Applied Physiology, Nutrition And Metabolism gepubliseer.
“Ons bevindinge is teenstrydig met die idee dat oorgewig mense gewig moet verloor,” het die hoofnavorser, Jennifer Kuk van die Universiteit van Toronto in Kanada, gesê.
“Dit is moontlik dat oorgewig mense in ‘n poging om gewig af te skud, meer skade doen as deur hul groter figuur te behou en ‘n gesonde leefstyl te volg,” het sy bygevoeg.
Gesonder oorgewig mense is in die algemeen van kindertyd af groter van figuur en ook gelukkig om die ekstra rolletjies saam te dra, meen navorsers.
Hulle is ook minder geneig om die gewig te probeer afskud.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.