Verkragte vroue het meer hartsiekte
2011-11-15 08:15
New York – Meisies wat erg fisiek en seksueel aangerand is, het dalk ‘n groter kans om as volwassenes aan hartkwale te ly, het navorsers bevind.
Die navorsers het die verband tussen mishandeling en hartkwale by 67 100 vroue bestudeer.
Hulle het bevind vroue wat as kinders seksueel mishandel is, het ‘n 62% groter kans gehad om aan hartkwale te ly. Vroue wat aangerand is as kinders het ook ‘n 45% groter kans op hartsiekte gehad.
“Die grootste bydraende faktor tot die verband tussen kindermishandeling en hartsiekte by vroue is die tendens vir mishandelde meisies om gewig op te tel soos hul ouer word,” het die hoofnavorser Janet Rich-Edwards van die Brigham and Women’s-hospitaal in Boston, Amerika gesê.
Die navorsing is voor ‘n vergadering van die Amerikaanse hartvereniging voorgelê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.