Verdagte (19) vas oor kuberaanvalle op Sony, CIA
2011-06-22 09:16
New York – ‘n Tiener wat verdink word van bande met die kuberkraker-groep LulzSec is by sy ouerhuis in Wickford, Brittanje in hegtenis geneem.
Die Amerikaanse speurdiens, die FBI, en sy Britse eweknie Scotland Yard het die tiener vasgetrek.
LulzSec het onlangs opskudding veroorsaak ná verskeie kuberaanvalle op Sony se PlayStation-netwerke wat miljoene gebruikers se persoonlike inligting en kredietkaartbesonderhede onthul het.
Die groep is aktief op Twitter en het ook onlangs erken hulle het kuberaanvalle op Japanse speletjiesvervaardiger Nintendo en die Amerikaanse intelligensie diens, die CIA, uitgevoer.
Lees meer hier.
Kyk hier na ‘n video oor die tiener se inhegtenisneming.
Volg Nuus24 op Twitter.