Verbode middels maak skoolseuns aggressief, onvrugbaar

2011-08-11 08:39
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Vinniger, hoër, sterker. So lui die Olimpiese Spele se leuse mos. Groter, meer gespierd, onuitputbaar. So dink sportlui gaan hulle die leuse uitleef.

Meer depressief, meer aggressief, onvrugbaar. Dís waar ’n sportman waarskynlik gaan beland wanneer hy anaboliese steroïede inspan om beter te vaar. En al hoe meer hoërskoolleerlinge trap in hierdie strik.

Sedert Februarie het Drug Detection International van Rivonia, Johannesburg, 155 seuns aan vooraanstaande private skole vir verbode hulpmiddels getoets. Die seuns is na willekeur gekies en het nie noodwendig aan sport deelgeneem nie.

Die resultaat?

17 positiewe uitslae. Daarby het vier rugbyspelers by die Cravenweek-toernooi positief vir anaboliese steroïede getoets.

Shuaib Manjra, voorsitter van die Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids), het gesê syfers toon die gebruik van opkikkers neem toe onder tiener-sportlui en die volwasse bevolking.

“Sedert 1 April verlede jaar tot 30 Maart vanjaar was daar 50 positiewe resultate, meer as dubbel die 19 van die vorige jaar.”

Saids kan ingevolge die Wet op Dwelmvrye Sport toetse onder alle sportsoorte uitvoer en was ook vir die Cravenweek-toetse verantwoordelik.

Hoewel atlete sedert die 1800’s allerhande dwelms en hulpmiddels gebruik het, is dit eers in 1928 deur die Internasionale Atletiekfederasie (IAAF) verbied. Tog was die verbod eintlik maar net op papier, want die nodige toetse om sportlui uit te vang het nie bestaan nie.

Volgens die wêreldliggaam teen opkikkers (Wada) het die probleem in die 1950’s vererger toe sportlui sinte­tiese hormone begin gebruik het. Die eerste dwelmtoetse is by die 1968 Olimpiese Spele ingestel, maar eers in 1974 is ’n betroubare metode ontwikkel om anaboliese steroïede te bespeur. Sedert 1976 is dit ook op die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) se lys van verbode middels.

Jon Patricios, president van die Sportmedisyne-vereniging (SASMA), het gesê studies oor die impak van anaboliese steroïede op tieners is skaars, maar ’n mens kan uit die dosis en die kombinasie waarvolgens dit graag gebruik word, afleidings oor die newe-effekte daarvan maak. “Steroïede het fisieke én psigologiese gevolge.”

Dikwels sal jong gebruikers op kort termyn aknee, geswolle tepels en rekmerke opmerk, wat vir hulle nie te ernstig lyk nie, het Patricios gesê.

Manjra het gesê die verborge effek is op elke stelsel in jou liggaam. “Dis omdat jy hormone soos testosteroon in jou lyf pomp, wat jou eie produksie van testosteroon beduidend laat daal.”

Daarby affekteer steroïede ook die sentrale senuweestelsel en brein. “Wanneer iemand dus dit ophou gebruik, verval hulle in ’n diep depressie,” het Manjra gesê. “Baie gebruikers pleeg dan selfmoord.” Só het ’n rits Amerikaanse voetbalspelers, wat chronies steroïede gebruik het, hul lewe geneem.

Manjra het gesê gebruikers is meer aggressief – hulle ervaar die sogenaamde “roid rage” – en ’n onlangse studie het getoon steroïede laat gebruikers breinselle verloor. Ander gevolge sluit hepatitis, inflammasie van die lewer en selfs lewerkanker in. Daarby lei dit tot ’n toename in cholesterol en erge aknee.

Patricios voeg hoë bloeddruk, ’n vergrote hart en nierskade by dié lysie. “Dikwels sal tieners eers bewus word van die skade wanneer hulle ’n hartaanval of beroerte kry,” sê hy. Patricios behandel tans ’n seun (17) van Pretoria wat een dosis steroïede gebruik het en ná ses maande nog nie ’n afname in testosteroon toon nie.

Ouers moenie dink hul kinders is veilig as hulle nie aan mededingende sport deelneem nie, maan hy. “Die helfte van die kinders gebruik dit omdat hulle beter wil lyk,” het Patricios gesê.

Helaas het steroïede uiteindelik die teenoorgestelde effek. Want mans vervroulik (ontwikkel borste, verloor hare en hul testes krimp, wat tot ’n laer spermtelling lei) omdat hul liggame minder testosteroon vervaardig.

Manjra het gesê “dit kan ook tot gedragsprobleme lei, soos dat gebruikers swakker akademies vaar en meer geneig is om geweld te pleeg”.

Dikwels kry tieners onwetend steroïede in wanneer hulle aanvullings by apteke koop wat daarmee gekontamineer is. “Wees versigtig as die produk met die woorde ‘increased strength’ of ‘muscle gain’ geadverteer word,” het Patricios gesê. Omdat dit so moeilik is om die inhoud van aanvullings na te gaan, raai SASMA af dat kinders onder 18 dit gebruik.

Uiteindelik moet nie net die misbruikers van anaboliese steroïede gevang en gestraf word nie. Verskaffers moet ook aan die pen ry.

Daarom het Saids vroeër vanjaar ’n intelligensiestelsel teen opkikkers op die been gebring om op steroïedsindikate in Suid-Afrika toe te slaan.

Volgens Saids word baie van die roumateriaal vir anaboliese steroïede van die Ooste ingevoer en in “kombuis-laboratoriums” gemeng, wat dit potensieel gevaarlik maak. Dis veral hierdie onveilige middels wat in hoërskoolleerlinge se hande beland.

Met ’n nuwe veldtog, “I Play Fair – Say NO! To Doping”, bereik Saids se boodskap teen opkikkers tieners op die sosiale netwerk Facebook en in ’n advertensie waarin Bryan Habana verskyn. Daarby sal 18 Junie voortaan deur die regering as ’n spesiale bewustheid-dag erken word.

Khalid Galant, Saids se hoofbeampte, het gesê: “Ons moet sportlui herinner ’n mens neem deel om die kameraderie van sport te ervaar en dat dit nie oor ‘wen ten alle koste’ gaan nie.”

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.