Verbod gevra op jag van zambezihaaie

2012-01-12 08:51
Tweets Share Share line Print

George – ’n Zambezihaai wat vroeër vandeesweek by die mond van die Breërivier geslag is, het die bewaring van hierdie visse opnuut in die soeklig geplaas.

’n Nie-kommersiële visserman het Maandag glo ’n zambezihaai-mannetjie van sowat 2,7 m met aas nader gelok en doodgemaak. Hy het sy kop met ’n mes afgesny, het Meaghen McCord, direkteur van die Suid-Afrikaanse Haai-bewaringsgebied, gister gesê.

Die voorval het by Witsand plaasgevind, waar die Breërivier in die see uitmond.

’n Petisie is Dinsdag op die bewaringsgebied se Facebook-blad begin ter ondersteuning van ’n verbod op die doodmaak van hierdie visse.

McCord hoop om 10 000 handtekeninge in te samel, wat sy later saam met ’n voorstel vir ’n verbod op die jag en doodmaak van zambezihaaie by dié riviermond aan die departement van landbou, bosbou en visserye wil oorhandig.

“Ons probeer al sedert Julie 2010 om hul aandag op hierdie kolonie te vestig. Hulle het egter nooit gereageer op ons eerste voorstel vir ’n moratorium nie,” het sy Woensdag aan Die Burger gesê.

McCord doen die laaste vier jaar navorsing op dié haaikolonie wat by die Breërivier aangetref word.

Die kolonie is glo uniek omdat dit die verste suid is wat die visse tot nog toe aangetref is. Volgens McCord is die wêreld se grootste zambezihaai in 2009 hier gevind.

“Dit is nie ’n beskermde spesie nie en vissermanne mag tot een zambezihaai per dag vang en doodmaak. Die man het dus geen wet oortree nie,” het sy gesê.

Die visser het glo beweer dat die haaie ’n gevaar vir die mense inhou en die viskolonies erg uitdun.

Volgens McCord is daar nog geen haai-aanvalle op mense in die riviermond aangemeld nie.

“Ons wil ’n beroep op die departement doen om ons te help om hierdie spesifieke groep haaie te beskerm, omdat hulle in unieke omstandighede aangetref word.”

Zane Merton, woordvoerder van die Westelike Provinsie Hengelunie, het gister gesê dat sy vereniging die bewarea se navorsing ten volle ondersteun en ’n ooreenkoms het om saam te werk.

“Ons is heeltemal gekant teen die doelbewuste vang en doodmaak van enige haaispesie. Ons klub se lede sal ook nie die zambezihaai in hierdie rivierstelsel teiken nie,” het hy gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.