Verbied verkoop van dié bababottels gou – Kansa

2011-08-17 07:02
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) beywer hom daarvoor dat voorgestelde regulasies gou ingestel word om die verkope van bababottels met bisfenol A (BPA) te verbied.

Dit is onder meer weens vrese dat bababottels wat dié mensgemaakte chemikalie bevat in die Suid-Afrikaanse mark gestort word omdat die verkope al in verskeie ander lande verbied is.

BPA, wat in sommige plastiekverpakkings vir kos en drinkgoed voorkom en deur polikarbonaatprodukte vrygestel kan word, word met verskeie siektetoestande, soos kanker, verbind.

Dr. Carl Albrecht, kankernavorser van Kansa, het Dinsdag gesê bababottels wat BPA bevat, is al in 2008 in Kanada verbied en daarna in Denemarke, die Europese Unie en China.

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het op 25 Maart regulasies om die verkope van dié bottels te verbied vir kommentaar in die Staatskoerant gepubliseer.

Kansa vergader later die maand weer met die minister oor die kwessie en Albrecht het gesê hy hoop die regulasies word voor einde vanjaar deurgevoer.

Volgens Albrecht is daar sedert die eerste verbod oorsee nog navorsing gepubliseer wat wys BPA in dierestudies vergroot rotte se kans om kanker te kry.

Die chemikalie bind met die estrogeenreseptor in die liggaam. Die chemikalie se vermoë om estrogeen na te maak, kan glo die mens se endokrinologiese prosesse ontwrig. Daar word ook gevrees dat dit selverdeling, ’n hoogs gereguleerde liggaamsproses, kan ontwrig.

Studies in muise het getoon uiters lae dosisse BPA (25 nanogram per kilogram liggaamsgewig) kan abnormale weefsel in borsweefsel laat ontwikkel.

Babas is vatbaarder vir BPA-skade, onder meer omdat hulle nie soos volwassenes die ensieme het om die produk behoorlik af te breek nie. Babas eet boonop per kilogram liggaamsgewig tien keer meer as volwassenes.

Dié bottels word nie plaaslik vervaardig nie, maar ingevoer.

Kyk só

  • Bababottels wat BPA bevat, het gewoonlik ’n kenmerkende driehoekige herwinningsembleem aan die onderkant met die syfer 7 binne-in en die afkorting PC. 
  •   As daar geen embleem is nie of ’n leë driehoek, is die inhoud van die plastiek dalk twyfelagtig, waarsku Kansa.
– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: gesondheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.