‘Verban rook in motors met kinders’
2011-09-09 21:56
Londen – ‘n Vooraanstaande chirurg het die Britse parlement gevra om rook in motors waarin kinders vervoer word te verban.
Bernard Ribeiro, ‘n voormalige hoof van die Royal College of Surgeons, het gesê die daar is oorgenoeg bewyse van die skade wat passiewe rook aan kinders aanrig.
“Die konsentrasie rook op ‘n motor se agtersitplek is veel hoër voor in die motor, selfs al is die bestuurder se ruit oop,” het hy gesê.
“Kinders is veral kwesbaar teen die gevaar van tweedehandse rook,” het Ribeiro bygevoeg.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.