Veiliger glase vir Britse kroeë ontwerp
2010-02-04 19:01
Kaapstad – Veiliger glase word stelselmatig in Britse kroeë bekendgestel om die hoeveelheid beserings wat jaarliks deur glas-aanvalle veroorsaak word (sowat 87 000), hok te slaan.
Die twee prototipes wat tans getoets word, is ontwerp om nie in skerp stukke op te breek nie.
Volgens Sky News kos geweldadige insidente met gebreekte glase en bottels die Britse Nasionale Gesondheidsdiens, -polisie en -howe sowat £100 miljoen pond (R1,2 miljard).
Vorige veldtogte wat tradisionele bierglase met plastiekglase wou vervang, was onsuksesvol.
Lees meer by Sky News