Veediewe kos Vrystaat jaarliks R80m.
2011-07-01 13:16
Kaapstad – Vrystaatse boere verloor jaarliks sowat R80 miljoen weens veediefstal, wat 19% van die land se verliese beloop, het Vrystaat Landbou gesê.
Dié organisasie het Donderdag die feite aan ’n regeringsoorsigkomitee vir die landbou voorgelê.
Henk Vermeulen, die hoof- uitvoerende beampte van die VL, het gesê die situasie lei tot ’n verlies van R11 miljoen aan belastinginkomste.
Hy het ook gesê hulle vermoed sindikate is op groot skaal by dié misdaad betrokke en dat die verliese ’n ongunstige uitwerking op werksgeleenthede het.
– Lees die volledige storie hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad