Varke se organe 'binnekort' in mense oorgeplant
2011-10-21 23:11
Londen – Varke skuif dalk binnekort van die kospotte en die modderpoele na die operasietafel omdat navorsers meen hulle organe kan moontlik in die mens oorgeplant word.
“Dit kan binnekort ‘n realiteit word,” het die navorsers van die Universiteit van Pittsburgh gesê.
David Cooper en sy span navorsers het gesê die probleem van diere se organe wat deur die mens se liggaam verwerp sal word, word opgelos.
Sommige varke word geneties gemodifiseer, het die navorsers in die joernaal The Lancet geskryf.
Hulle vervaardig nie meer die proteïne, galactosyltransferase, nie. Die mens se liggaam sal dié proteïne aanval as die vark se organe in ‘n mens oorgeplant word.
“Oorplantings van varke na mense sal waarskynlik binne die volgende paar jaar moontlik wees,” het die navorsers gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.