VVV-entoesias vra regering vir dokumente
2011-01-27 23:42
Kaapstad – ‘n Groep VVV-entoesiaste het ‘n beroep op die regering gedoen om waarnemings van sogenaamde VVV’s, ernstig op te neem.
Hulle het ook gevra dat die regering geheime dokumente rakende VVV’s bekend te maak.
“Die media dwarsoor die wêreld het nog nooit positief berig oor VVV’s nie.
“Mense is bang om waarnemings van VVV’s te rapporteer omdat hulle gewoonlik uitgelag word,” sê Christo Louw, wat die VVV-hulporganisasie, Saufor, gestig het.
Louw het in 1997 sy webblad, waar Suid-Afrikaners wat glo hulle het ‘n VVV gesien, hul stories kan deel.
Tot dusver, sê Louw, is dit hy alleen wat die webblad bestuur en dat hy nog nie ‘n beroep daaruit kon maak nie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- News24