Uitlek van geheime het Amerika op hol

2010-07-28 08:36
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Washington – Die uitlek van ongeveer 90 000 geheime militêre lêers het Dinsdag luide protes ontketen in lande wat in Afganistan veg.

Terselfdertyd het die Pentagon bontgestaan om die bron van die uitlekkery te identifiseer en vas te stel of dit lewens – of selfs die veiligheid van Amerika – in die gevaar kan stel, het ’n woordvoerder van die Pentagon, Geoff Morrell, aan Fox News gesê.

Sowat 92 000 dokumente gedateer van 2004 tot 2009 is Sondag deur die webblad WikiLeaks aan die New York Times, die Guardian in Engeland en Duitsland se Der Spiegel beskikbaar gestel.

Die mees omstrede aantygings is bewerings dat Pakistan, ’n sleutelbondgenoot in die onstuimige gebied, sy spioene toelaat om direk met die Taliban te vergader.

Volgens The Times vergader Pakistanse agente en verteenwoordigers van die Taliban gereeld “in geheime strategiesessies om netwerke van militante groepe wat teen Amerikaanse soldate in Afganistan veg, te organiseer”. Planne word selfs gemaak om ­sluipmoorde op Afgaanse leiers te pleeg.

In die lêers word ook beweer dat die dood van onskuldige burgerlikes toegesmeer is en dat Iran Taliban-militante finansier, agt jaar nadat die Amerikaans beheerde inval die radikale Islamitiese-regime omvergewerp het.

Die omstrede onthullings het verontwaardiging veroorsaak. ’n Senior Navo-generaal het ’n beroep op die Withuis gedoen om meer waaksaam te wees.

Die Withuis het die uitlekkery as “onverantwoordelik” bestempel.

Die koalisie behoort daarvan bewus te wees dat “party dokumente in die openbaar is weens die uitlekkery”.

“Dit verplig ons om met die grootste versigtigheid te werk,” het genl. Egon Ramms, wat in beheer van die Navo-magte in Afganistan is, gesê.

Die stigter van WikiLeaks, Julian Assange, het egter sy besluit om die lêers uit te lek verdedig en gesê dit wys “duisende” oorlogsmisdade mag in Afganistan gepleeg word”.

- Sapa - AFP

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: afganistan  |  oorlog  |  sci-tech

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Erich sê... Ek stem - hierdie man moes die Nobelprys vir Wetenskap gekry het. Soek nou net 'n gadget wat die kanale verander deur bloot te dink aan die betrokke kanaal. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X5 4.8is E53 4x4 AT
2004
R 499,000.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 TDi Sportline 5-dr Dsl
2005
R 159,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.