Uitgewers volg digitale pad

2009-11-26 04:34
Tweets Share Share line Print

Washington - Die uitgewers, Time Inc, Conde Nast en Hearst gaan blykbaar binnekort ‘n gesamentlike aanlyn-koerantstalletjie, wat beskryf word as die “iTunes vir tydskrifte”, bekendstel.

Die New York Times, wat “mense met kennis van dié planne” aangehaal het, het gesê die stigting van die nuwe maatskappy kan dalk vroeg in Desember aangekondig word.

Dié koerant het gesê Time Inc, Conde Nast, Hearst en nog ‘n uitgewer, Meredith, sal gelyke vennote in die nuwe onderneming wees, in ‘n tyd waar dalende sirkulasiesyfers 'n werklikheid vir baie Amerikaanse tydskrifte is.

Verder het die koerant gesê dat die nuwe maatskappy papier- sowel as elektroniese-uitgawes van sy tydskrifte op ‘n een webtuiste sal aanbied.

Die maatskappy sal ook ‘n sagtewarepakket ontwikkel vir lesers om tydskrifte op iPhones, BlackBerry selfone en elektroniese boeklesers te lees.

Die New York Observer het berig dat John Squires, ‘n uitvoerende hoof by Time Inc, as die tussentydse uitvoerende hoof van die nuwe maatskappy sal optree.

Soos ander Amerikaanse koerant- en tydskrif-uitgewers, het Conde Nast en Time Inc. ‘n drastiese afname in advertensie inkomste, dalende sirkulasiesyfers en lesers wat na gratis nuus op die internet beweeg, ervaar.

Time Inc. wat tydskrifte soos Time, Fortune, Sports Illustrated  en People uitgee, is besig met grootskaalse afdankings na die besnoeing van ongeveer 600 poste verlede jaar.

Dié uitgewer moes ook van sy titels soos Southern Accents en Life toemaak.

Conde Nast, wat The New Yorker, Vanity Fair en Vogue besit, moes ook reeds die tydskrifte Gourmet, Modern Bride, Elegant Bride en Cookie staak.


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: internet  |  tegnologie  |  tydskrifte

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Erich sê... Ek stem - hierdie man moes die Nobelprys vir Wetenskap gekry het. Soek nou net 'n gadget wat die kanale verander deur bloot te dink aan die betrokke kanaal. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 7-19°C Sunny. Cool.
Jhb: 4-16°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 14-25°C Sunny. Mild. PE: 13-25°C Sunny. Pleasantly warm.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Solutions Architect for Mining

Gauteng, South Africa
Hi-Tech Recruitment CC
Market Related

Bid Controller

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Strong Mid-Level Java Developers - R300K - Randburg

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R250000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

X5 4.8is E53 4x4 AT
2004
R 499,000.00

TOYOTA

RunX 180 RSi 5-dr MY04
2003
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

Golf 5 2.0 TDi Sportline 5-dr Dsl
2005
R 159,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.