Twitter ure af oor 'beplande onderhoudswerk'
2010-08-02 04:16
New York - Die sosiale netwerk Twitter Inc. se webwerf was Sondag vir sowat 100 miljoen gebruikers regoor die wêreld buite werking.
In plaas van die gewone skerm wat mense toelaat om te tweet, het die tuisblad aangedui dat dié webwerf vir "beplande onderhoudswerk" afgeskakel is en binne 'n paar uur weer sal werk.
Volgens die IT-maatskappy NTT America sou die onderhoudswerk van sowat vyf uur, omstreeks 06:00 begin.
Sommige tweets het na 90 minute weer begin, maar sommige gebruikers kon ure later nog nie boodskappe stuur nie.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP