Twitter moontlik te koop
2011-02-10 12:38
Gerugte doen die ronde dat die gewilde mikroblog-webwerf Twitter in die mark is en dat dit meer as
$10 miljard (sowat R72 miljard) gaan kos.
Volgens die Wall Street Journal (WSJ) het Facebook én Google se direkteure gesprekke daaroor met Twitter gehad.
WSJ het gesê dat “mense betrokke by die
saak” reken die waarde van die webwerf “tussen $8 miljard en $10 mijard
kan wees”.
Die praatjies kry egter nog nie rigting nie.
Daar is ‘n
moontlikheid dat $10 miljard te min is. Net ‘n paar maande gelede is daar geskat
dat Twitter om en by $3 miljard (sowat R21 miljard) werd is.
-Kliek hier vir die volledige storie.
-Volg Nuus24 op Twitter.