Twitter is 350 miljoen blaaie lank
2010-01-20 13:22
Kaapstad – Indien jy sou probeer om die hele Twitter mikroblog-netwerk uit te druk, sou dit 350 miljoen bladsye wees, het
CreativeCloud bevind.
Die sewe miljard boodskappe (bekend as “tweets”) tot op datum bestaan uit 104,860,000,000 woorde, soveel as 133,000 is kopieë van die King James weergawe van die Bybel.
En indien jy niks anders het om te doen as om die hele dag tweets te lees nie, sal dit jou altesaam 2 192 jaar neem om deur als te gaan.
Vir die volledige storie, besoek BBC News