Twitter help met klagtes
2010-09-29 11:55
Chicago – Toe Tony Bosco sien dat baie mense negatiewe resensies oor ‘n restaurant skryf, het hy getweet dat hy vir ‘n besigheidsete na Wow Bao gaan.
Hy het ook gevra of enigiemand hom kan sê of die kos so sleg gaan wees soos wat almal reeds getweet het.
Hy is onmiddellik deur BaoMouth, Wow Bao se amptelike Twitter-profiel gekontak. Wow Bao is ‘n spoggerige kitskos-eetplek in Chicago.
Die restaurant het Bosco ‘n koepon aangebied om gratis by hulle te kom eet. Bosco het daarna foto’s van die kos op Twitter geplaas.
Waar gesprekke oor kos voorheen net tussen vriende gebeur het, het Twitter nou ‘n platform daarvoor geskep te danke aan die internet.
Of daar nou resensies oor seker maaltye op Twitter geplaas word, of die diens van sekere restaurante bespreek word, almal neem deel daaraan en restaurante neem dit ter harte.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- AP