Twitter help Navo in Libië
2011-06-16 12:17
Londen – Navo versamel inligting op die sosiale netwerk Twitter en gebruik dié informasie om op teikens in Libië te besluit.
Enige Twitter-boodskappe wat relevant tot die alliansie se veldtog mag wees, word in ‘n ‘intelligensiepoel’ ingevoer en deur analiste opgeweeg, het beamptes luidens die Britse Guardian gesê.
Weermagleiers het egter bygevoeg dat die inligting nooit sonder deeglike ondersoek in aanvalle gebruik word nie.
“Ons gebruik allerhande soorte inligting, maar ons kan op grond van ‘n enkele bron optree nie,” het ‘n Navo-beampte gesê.
Nogtans vorm dié sosiale medium nou deel van die bronne waaruit die weermag inligting tap.
“Dit help om ons aandag op gebiede te fokus waar ons Gaddafi se magte sien, en dit help ons om op te tree.”
Lees meer hier.