Twitter gons oor eeufees
2012-01-07 09:29
Bloemfontein – Baie boodskappe oor die ANC en sy eeufeesvieringe was teen Vrydag op Twitter. Hier volg wat sommige bekendes en ander mense oor die vieringe dink:
ANC vervoer 1 000 lede per trein na Bloemfontein vir eeufeesvieringe. Die hoofgereg wat op die trein bedien word, is GRAVY – Marc Lottering.
Liewe ANC, ek hoop jy gaan vir al die koste van die eeufeesviering betaal, insluitend die gratis treinritte. Vriendelike groete, belastingbetaler – Pinky Khoabane.
Liewe ANC. Ek wens hartsogtelik jy was steeds die party wat ek eens gevier en vereer het. Maar nietemin, geluk met jou verjaarsdag – Verashni Pillay.
Geluk aan die ANC met hul 100ste bestaansjaar. Dis ’n groot prestasie. En dankie – Dorette.
Graeme Smith moet na die ANC se eeufeesvieringe genooi te word sodat hy kan uitvind hoe dit voel om ’n 100 te bereik – Levi Odendaal.
Die oorweldigende gevoel van trots is met ons soos ek by die massas en leiers van die ANC in Mangaung aansluit vir die eeufeesvieringe – pres. Jacob Zuma.
Volg Nuus24 op Twitter
- Volksblad