Twitter gons oor Winnie
2010-03-10 15:18
Kaapstad - Die internet het gegons met mense wat reageer het op Winnie Madikizela-Mandela se kommentaar oor Nelson Mandela, berig IOL News.
Twitter was vol boodskappe wat vir Winnie slegsê:
“O, Winnie Mandela. Jy klink selfsugtig, jy klink dom en dit klink asof jy ‘n bespotting maak van die struggle.”
“Ek raak sommer ontsteld! Nelson Mandela is ‘n historiese held, mense. Wat is fout met ons nasionale bewussyn?” het iemand anders getweet.
Daar was wel ‘n paar wat vir Winnie ondersteun het:
“Ek is lief vir Mama. Winnie Mandela! Wie anders sal die ‘guts’ hê?”
Dié onderwerp was een van die gewildste nòg op Twitter in Suid-Afrika en het die netwerk ure lank oorheers.
Kliek hier vir die volledige storie.