Tweets oor 'Obama-sluipmoord' ondersoek
2010-03-23 15:34
Kaapstad – Twee gebruikers van die sosiale netwerk Twitter moes die harde manier leer dat dreigemente teenoor die president van Amerika ernstig opgeneem word, al word dit net op Twitter gesê.
@THHEE_JAY en @Solly_Forrel het hul frustrasie met Barack Obama en sy hervorming in gesondheidsorg uitgedruk en gesê dat daar sluipmoord op hom gepleeg moet word.
“Sluipmoord! Amerika, ons het die sluipmoord van Lincoln en Kennedy oorleef. Ons sal sekerlik oor ‘n koeël teen Barrack Obama se kop kom” en “Jy moet doodgemaak word!! @Barack Obama” was die tweets wat aanlyn gemaak is.
Ondersoek word tans ingestel soos wanneer enige ander dreigement teenoor die president gemaak word.
- Lees meer by mashable.com