'Tweet' taboe vir sekere joernaliste
2010-06-13 16:32
New York – Met die sosiale netwerk Twitter wat by die dag groei, raak woorde soos ‘tweet’ en ‘twittering’ al hoe meer deel van mense se daaglikse taalgebruik, maar die joernaliste van die New York Times is gewaarsku om nie meer die woord ‘tweet’ te gebruik nie.
Phil Corbett, die koerant se redakteur, sê dat die gebruik van sulke woorde onaanvaarbaar is. Hy het in ‘n memo aan sy skrywers gesê dat die gebruik van die T-woord “inherent simpel” is.
“Sommige sosiale netwerk-aanhangers mag dalk nie saamstem nie, maar buite die konteks van voëlkunde het ‘tweet’ nog nie die status van standaard Engels ontvang nie,” het Corbett gesê.
Lees meer by Sky News
Volg Nuus24 op Twitter