Tweeling apies is ook Facebook-lede
2010-01-28 03:36
Kaapstad – Twee sjimpansees van die Gombe Nasionale Park in Tanzanië het alreeds meer as 'n duisend vriende op Facebook bymekaar gemaak.
Die tweeling, 'n mannetjie en wyfie, staan bekend as Golden en Glitter, en is van die mees suksesvolle diere-lede van dié sosiale webwerf.
Die twee is ook gewild onder wetenskaplikes wat sjimpansees se gedrag wil bestudeer, aangesien hulle 'n rare geleentheid bied om die verskille tussen geslagte te ontleed.
Dit is ongewoon vir wilde tweeling sjimpansees om albei te oorleef in die natuur, aangesien sulke sjimpansees se ma's dikwels sukkel om gelyk na beide om te sien en hulle te beskerm.
Lees meer by Discovery News