Tuisgebore eerstelinge meer kwesbaar
2011-11-25 17:12
Londen – ‘n Tuisgeboorte hou ‘n groter risiko vir die babas van ma’s wat hul eerstelinge die lewe inbring, het ‘n studie in Brittanje getoon.
Die kans vir skade aan die baba is steeds onder 1%, het die studie van sowat 65 000 geboortes getoon.
Vir ‘n tweede geboorte was daar geen verskil tussen tuisgeboortes, ‘n geboorte met die hulp van ‘n vroedvrou of ‘n geboorte met die hulp van ‘n dokter nie.
Die hoofnavorser, Peter Brocklehurst, het gesê daar is ‘n duidelike verskil tussen vroue wat hul eerste kind kry en vroue wat voorheen kinders gehad het.
“Die risiko vir skade aan die baba is hoër vir vroue wat hul eerste kind tuis kry,” het hy gesê. “Daar is egter geen verskil tussen geboortes met die hulp van ‘n vroedvrou of ‘n dokter nie.”
Die navorsing is in die British Medical Journal gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.