Tsetsevlieg neem slaapsiekte na suide van Afrika
2011-11-09 10:14
Parys – Slaapsiekte kan miljoene meer mense affekteer omdat die tsetse-vlieg, wat dié siekte dra, na suidelike dele van Afrika versprei as gevolg van aardverwarming, het ‘n studie bevind.
Teen 2090 sal nog sowat 540 tot 77 miljoen mense in gevaar wees om die siekte op te doen, het die studie bevind. Tans leef sowat 75 miljoen mense binne die bereik van die siekte.
Die navorsers, onder leiding van Sean Moore van die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en -voorkoming (CDC), het hul beramings gebaseer op die manier waarop die tsetse-vlieg waarskynlik op stygende temperature in die komende dekades sal reageer.
Tans is daar jaarliks sowat 70 000 nuwe gevalle van slaapsiekte in Oos-, Wes-, en Sentraal-Afrika, het die Wêreldgesondheidsorganisasie gesê.
Die navorsing is in die Journal of the Royal Society Interface gepubliseer.
– Volg Nuus24
op Twitter.
- Sapa - AFP