Tronkvoëls se dreigemente van Facebook afgehaal

2010-02-16 12:13
Tweets Share Share line Print


Den Haag - Die Britse minister van justisie, Jack Straw, het die inskrywings van 30 gevangenes op Facebook laat onttrek omdat hulle dit gebruik het om hul slagoffers te dreig en te teister, luidens berigte in die Britse pers.

Die kwessie het verleentheid vir die regering veroorsaak, omdat die beginsel van vryheid van spraak en die regte van slagoffers ter sprake kom.

Die betrokke gevangenes, wat meestal weens geweldsmisdade toegesluit is, het ingesmokkelde selfone gebruik om boodskappe op Facebook te publiseer waarin hulle te kere gaan teen hul slagoffers en mense wat teen hulle getuig het.

Ryan Lloyd (22), wat in die tronk sit omdat hy sy mede-bendelede opdrag gegee het om ’n lid van ’n mededingende bende te vermoor, het kodetaal – “dead dogs” – gebruik om opnuut ’n moordopdrag aan sy ondersteuners te gee.

Colin Gunn, wat gevonnis is omdat hy saamgesweer het om ’n egpaar te vermoor, het op Facebook gewaarsku: “Ek kan nie wag om in sekere mense se oë te kyk en hul vrees vir my daar te sien nie.”

Jade Braithwaite, wat ’n tiener doodgesteek het, het op Facebook gesê hy is “down, but not out”.

Facebook het onmiddellik sy samewerking aan Straw gegee om sulke boodskappe te skrap.

Burgerregte-aktiviste het gesê Straw se stap beperk gevangenes se regte. Maar Gary Trowsdale, woordvoerder van ’n groep wat familielede van vermoordes verteenwoordig, het gemeen ’n gevonniste gevangene verloor volgens wet sy burgerregte.

- Die Burger

Lees meer oor: tegnologie  |  facebook

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

estelle.visagie sê... Jammer klein Kunda'tjie ............ Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2008
R 74,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 112,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2006
R 209,950.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.