Tonne visse uit waterdorp verwyder
2011-03-14 22:00
Kalifornië – Miljoene dooie vis is uit ‘n waterdorp in Suid-Kalifornië verwyder ná hulle vyf dae gelede daar uitgespoel het.
Sowat 140 ton dooie sardyne is uit King Harbor
in Redondo Beach uitgehaal, het stadsowerhede in ‘n verklaring gesê.
Die vis sal verwerk word tot kunsmis.
Volgens bioloë van die Universiteit van Suid-Kalifornië, was die water se suurstofvlak te laag en het die visse versmoor.
Wetenskaplikes van dieselfde universiteit het
egter hoë vlakke suur in die visse gevind.
Die tipe suur wat die wetenskaplikes in die visse
gevind het, word gekoppel aan ‘n giftige alge wat verlede week langs die kus
van Redondo opgebloei het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA