Toksiese modder bereik wêreldbekende rivier
2010-10-08 01:40
Kolontar, Hongarye - Die toksiese modderstorting wat sedert Maandag hiér uit ‘n aluminium-aanleg reservoir vloei het die bekende Donau-rivier bereik.
Die modderstorting is veroorsaak toe 'n reservoir met afval van ‘n aluminium-aanleg gebreek het.
Volgens Tibor Donson, woordvoerder van die nooddienste, het die rooi toksiese modder dié tweede grootste Europese rivier Donderdag bereik.
Die modder het deur die dorpe van Devecser en Kolontar gevloei.
Die ministerie van binnelandse sake het gesê vier mense is dood en 120 ander is beseer.
Dobson meen egter dat die modderstorting ‘n punt bereik het waar dit is onwaarskynlik is dat verdere skade aan die omgewing aangerig gaan word.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.