Toeris deur mamba gepik
2010-03-04 18:00
Durban – ‘n Vrou wat glo van Siberië afkomstig is veg om haar lewe nadat sy glo Donderdag in Umdloti, KwaZulu-Natal deur ‘n groenmamba gepik is.
"Daar word beweer dat die vrou ‘n pad oorgesteek het toe ‘n motor verbygery het en die slang, wat in die pad gelê het, raakgery het. Die slang het toe gereageer deur die vrou twee keer op haar been te pik,” het Jeff Wicks van Netvcare911 gesê.
Volgens Wicks het paramedici haar op die toneel in ‘n kritieke toestand gevind nadat die slang se gif al begin invloed hê het.
Sy is per helikopter na ‘n nabygeleë hospitaal geneem waar sy tans om haar lewe veg.
- Sapa