Tier vind veilige tuiste in OVS
2011-02-07 14:47
Vrystaat - ‘n Vyf maande-oue Bengaalse tier, wat vermoedelik in ‘n dieretuin in Jordanië mishandel is, het met behulp van die Four Paws-liefdadigheidsorganisasie ‘n veilige tuiste in die Oos-Vrystaat gevind.
Bahar, wat “die lente van die lewe” in Arabies beteken, het ná ‘n reis van twee dae vanaf Jordanië Saterdag (5 Februarie) by die Lionsrock Big Cat Sanctuary buite Bethlehem aangekom.
Hy is een van drie tiere wat onlangs deur die Prinses Alia-Stigting en Four Paws in Jordanië gered is, en wat by die New Hope Center in dié land versorg is voordat hy na Suid-Afrika gekom het.
Twee ander tiere, wat deel was van ‘n sirkusgeselskap van Sirië, sou ook na Lionsrock toe gekom het. Die twee diere is na verwagting vir die sirkus geteel, maar is deur die owerhede gekonfiskeer.
Lees meer by Landbou.com
Volg Nuus24 op Twitter
- Landbouweekblad