Tieners wat later lê, kry beter punte
2011-08-19 23:08
Kaapstad – 'n Laat begin is glo eintlik 'n goeie begin wanneer dit kom by tieners en hul punte.
'n Nuwe studie het bevind tieners wat later slaap in die oggend en dus later met skool begin, presteer akademies beter as diegene wat vroeg uit die bed is.
Die studie het tieners oor 'n tydperk van vier jaar gevolg en vorm deel van navorsing wat al oor die afgelope dekade strek.
Dié studie het uiteindelik 'n direkte verband getrek tussen die begintye van skole en akademiese prestasie.
Onder die bevindinge het getel dat deur tieners se eerste klas net sowat 50 minute later te laat begin, drastiese verbetering in hul akademiese prestasie merkbaar was.
Navorsers het uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat leerders akademies daaronder ly as 'n skool te vroeg begin.
"Die interessantste bevinding was dat die effek deur die dag bly talm het," het die studie se medeskrywer Teny Maghakian, 'n ekonoom by die Universiteit van Kalifornië, gesê.
– Jip