Tiener verloor gevoel in hande weens te veel SMS
2010-03-20 13:03
Chicago – ‘n Amerikaanse skoolmeisie moet dringend ‘n operasie aan beide haar polse ondergaan omdat sy glo te veel SMS’e getik het.
Annie Levitz (16) het die gevoel in beide haar hande verloor en sukkel om sekere objekte op te tel, het die Daily Mail berig.
Sy dra nou ‘n stut om elke pols nadat sy glo soveel as 100 SMS’e per dag getik het.
Levitz is glo in heelwat pyn en probeer nou om minder boodskappe via haar selfoon aan haar vriende te stuur.
“Ek sal my selfoon inruil vir ‘n iPhone want die raakskerm sal dit makliker maak om teksboodskappe te tik,” het die tiener glo gesê.
Lees meer hier.