The Big Issue-verkopers kry slimfone
2011-04-19 18:53
Londen – Hawelose verkopers van The Big Issue in Brittanje sal binnekort slimfone kry en hulle word glo ook aangemoedig om nuus in te samel.
Sowat 3 000 mense verkoop die straatkoerant in Britse stadsgebiede en daar bestaan ook uitgawes in Suid-Afrika, Kenia, Namibië, Malawi, Australië, Ierland, Japan, Korea en Taiwan.
Professionele joernaliste sit die koerant aanmekaar en verkoop dit in Brittanje aan haweloses teen £1 (sowat R11) voor hulle dit weer teen £2 (sowat R22) verkoop.
“Verkopers word aangespoor om te Tweet, Facebook te gebruik en beeldmateriaal op te neem,” het ‘n verklaring van die publikasie gesê.
‘n Anonieme vennoot sal die kostes dra.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.