Tenks nou 'onsigbaar' in die nag
2011-09-07 10:15
Londen – Die Britse wapen- en tegnologiegroep BAE Systems het saam met die Sweedse verdedigingsministerie gewerk en met tegnologie vorendag gekom wat tenks snags onsigbaar maak.
Adaptiv is ‘n “onsibaarheidsjas” wat fotobeelde van die omgewing op die tenk self projekteer om dit in sy omgewing te kamoefleer.
Die jas kan die tenk vir soldate wat so ver as 300 m ver met nagvisie-toerusting skuil soos ‘n 4×4 of selfs ‘n koei laat lyk.
Die jas flous egter nie die blote oog in daglig so maklik nie.
Die panele wat die beelde op die tenk projekteer verander spoedig temperatuur en kan dus nagvise-apparate flous, maar nie die kaal oog in die daglig nie.
Die projekbestuurder, Peder Sjölund, het gesê die panele kan selfs op geboue gebruik word.
“Ons kan die panele verstel om oorlogskepe en geboue op verskillende afstande te kamoefleer,” het hy gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.